Bossie Goud Pryse

Tuis Informasie Bossie Goud Pryse

Bossie Goud Pryse

Bossie Goud-skattejag gaan nog duur tot 31 Mei 2025.

Ons wil graag vir die deelnemers geskenkpakkies opmaak van verskillende plaaslike produkte. 

Soos deelnemers hul vasvrae en aksies aanlyn indien, verdien hulle punte. Ons gaan gelukkige trekkings doen in verskillende groeperings van punte:

  • 250-500 punte
  • 500 – 1 000 punte
  • 1 000 en meer punte

Daar sal geskenkpakkies vir elke groepering wees en in Junie 2025 sal ons die trekking doen uit deelnemers wat in die onderskeie puntegroepe val. 

Enige entrepreneurs in die Ons Karoo en Kontrei-area wat produkte maak, kan ons gerus kontak om deel te word van hierdie avontuur. Die sluitingsdatum vir entrepreneurs om deel te wees van hierdie geleentheid is 31 Julie 2024.

Ander Informasie

Bossie Goud Pryse

Bossie Goud-skattejag gaan nog duur tot 31 Mei 2025.Ons wil graag vir die deelnemers geskenkpakkies opmaak van verskillende plaaslike produkte. Soos deelnemers hul vasvrae en aksies aanlyn indien, verdien hulle punte. Ons gaan gelukkige trekkings doen in verskillende groeperings van punte:250-500 punte500 – 1 000 punte1 000 en meer punteDaar sal geskenkpakkies vir elke groepering wees en in Junie 2025 sal ons die trekking doen uit deelnemers wat in die onderskeie puntegroepe val. Enige entrepreneurs in die Ons Karoo en Kontrei-area wat produkte maak, kan ons gerus kontak om deel te word van hierdie avontuur. Die sluitingsdatum vir entrepreneurs om deel te wees van hierdie geleentheid is 31 Julie 2024.

Lees meer

Bossie Goud Skatttejag Reëls

Hoe dit werkWanneer: Junie 2024 tot 31 Mei 2025 Hoeveel: 15 DorpeVolgorde: Jy kies, daar is geen vaste roeteTydsbeperkinge: Voltooi aktiwiteite teen jou eie pas, tot en met 31 Mei 2025Moet ek al die dorpe besoek: Nee, dis nie verpligtend nie. Daar is sekere aktiwiteite wat jy van jou rusbank af kan doen.Hoe neem ek deel:Registreer op die webwerf www.onsknk.co.za (kortpad www.bossiegoud.co.za) as ‘n VriendWanneer jy ingeteken is op die webwerf, besoek die verskillende dorpte om die instruksies te sien wat jy moet volg. Hoe versamel ek punte:Beantwoord vra oor die dorpeNeem foto van jou en jou reisgenootskap by spesifieke plekkeHelp om Gottlieb se verborge boodskap te ontsyferOndersteun spesifieke projekte in die dorpe deur skenkings te maakBonus punte:Ondersteun entrepreneur wat deel is van Bossie Goud skattejag in die dorpe. Woon okkasies by wat deel is van Bossie Goud skattejag in die dorpe. Ekstra punte sal voortdurend bygevoeg word sodat jy meer punte kan insamel. Standaard reëls, bepalings en voorwaardes vir Bossie Goud SkattejagHierdie reëls vorm die amptelike reëls van die kompetisie. Hulle sal alle aspekte van die kompetisie beheer, tesame met enige amptelike kommunikasie wat daarmee verband hou. Neem asseblief ’n oomblik om jouself met hierdie reëls te vergewis. Deur deelname stem jy in dat hierdie reëls van toepassing is op alle aspekte van jou verhouding met die kompetisie, die kompetisieverwante agente en die promotor. Hierdie reëls kan slegs deur die promotor gewysig word na goeddenke, deur skriftelike hersienings te plaas op die kompetisiewebwerf of enige ander potensiële amptelike kompetisiekommunikasieplatform wat redelikerwys die meerderheid van potensiële deelnemers sal bereik. Deelname:Die kompetisie word deur die promotor, Ons Karoo en Kontrei, in samewerking met deelnemende sakeondernemings en organisasies bedryf.Geen werknemers of naasbestaandes van bogenoemde besighede en organisasies kwalifiseer om enige pyse te wen nie.Hierdie kompetisie is slegs oop vir wettige inwoners van die Republiek van Suid-Afrika.Om deel te kan neem moet deelnemer geregistreer wees op die Ons Karoo en Kontrei webwerf as Vriend. Registrasie:Registrasie as Vriend om deel te neem aan die kompetisie moet op die webwerf www.onsknk.co.za gedoen word.Regs bo in die oranje navigasiebalk is die profiel ikoon waarop jy kan druk en dan die stappe volg.Pryse: Pryse is nie oordraagbaar, kan nie vir kontant geag word nie en is nie onderhandelbaar nie.Pryse sal via ‘n Suid-Afrikaanse koerierdiens versend word.Ons Karoo en Kontrei aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore of beskadigde pryse na versending nie. Slegs Suid Afrikaanse burgers sal geregtig wees om vir ‘n prys te kwalifiseer.In die geval van onvermoë om die wenner te kontak, behou die promotor die reg om ‘n wenner oor te trek.Die promotor hou die reg voor om ’n prys van gelyke of groter waarde te vervang indien die oorspronklike prys nie beskikbaar is nie.Bykomende bepalings en voorwaardes kan van toepassing wees, waaraan die pryswenner moet voldoen.Seleksie van die pryswenner:Een wenner per kategorie sal lukraak gekies word uit 3 kategorieë. Die katetorieë gebaseer op punte ingesamel is: a) 250 – 500, b) 501 – 1000 of c) 1001 en meer.Enige vermoede of oneerlikheid aan die kant van ‘n deelnemer maak dat hulle nie vir die pryse in aanmerking kom nie.Pryswenner sal per telefoon of e-pos in kennis gestel word.Pryswenners kan versoek word om deel te neem and publisiteit wat met die kompetisie verband hou.Pryswenner gee toestemming vir die gebruik van hul naam en foto’s in enige advertensie- en promosiemateriaal vir die kompetisie.Aanspreeklikheid en Vrywaring:Ons Karoo en Kontrei kan nie verantwoordelik gehou word vir enige dienste of produkte wat deelnemers by die onderskeie besighede en organisasies kry wat in welke formaat ook al betrokke is by die kompitsies nie.Die deelnemer vrywaar (tot die maksimum mate wat deur die wet toegelaat word) die promotor, sy opvolgers, werknemers, beamptes, verskaffers, kontrakteurs, agente, konsultante, direkteure, aandeelhouers en ander geassosieerde partye onvoorwaardelik en onherroeplik teen alle verliese, eise, verrigtinge, aksies, skadevergoeding (direk, gevolglik of andersins), aanspreeklikheid, uitgawes, regskostes (op ’n prokureur en eie kliënt basis), mediese koste of ander koste wat direk of indirek uit deelname aan die kompetisie mag ontstaan, insluitend opsettlike wangedrag of nalatige handeling of versuim aan die kant van enige sodanige persoon. Die promotor behou die reg voor om die kompetisie na goeddenke te verander of te kanselleer, sonder verhaal. Algemene reëls:Deelnemers moet slegs ongeredigeerde foto’s op die webwerf laai.Betaalstrokies wat afgeneem word, moet die oorspronklike kwitansie wees wat deur die deelnemer self verkry is as bewys vir produkte/dienste wat persoonlik tussen 23 Mei 2024 tot 31 Mei 2025 gekoop is.Oortreding van hierdie reëls of oneerlikheid aan die kant van die deelnemer kan gediskwalifiseer word volgens die promotor se diskresie.Die beslissing van die beoordeellaars is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.Suid-Afrikaanse wetgewing beheer die kompetisie.Die promotor behou die reg voor om enige aspek van die kompetisie te eniger tyd te kanselleer of te verander na eie goeddenke, sonder aanspreeklikheid.Deelnemers stem in tot die versameling en gebruik van persoonlike inligting vir kompetisiedoeleindes, in ooreenstemming met toepaslike privaatheidstellings.Hierdie kompetisie word onder die bepalings van toepaslike privaatheidsverklarings uitgevoer. Hierdie bepalings en voorwaardes is onderhewig aan verandering volgens die promotor se diskresie

Lees meer

Dr Marguerite Henrici (1892-1971)

Marguerite Henrici is gebore in1892 in Basle, Switserland. In 1913 begin sy studeer by die Universiteit van Basle. Sy studeer plantkunde, chemie en dierkunde, maar uiteindelik spesialiseer sy in plantfisiologie en verwerf haar doktors graad Summa Cum Laude. Hierna het sy geesdriftig voort gegaan met navorsing by die Universiteit. In 1913, toe sy nog eerste jaar student was, sit sy toevallig langs Dr A Theiler op die trein. Hy was die stigter en direkteur van die Veeartsenykunde Navorsing Institute, Onderstepoort in Pretoria. Hy het haar vordering dopgehou deur die jare en haar navorsings prestasies het hom beïndruk. In 1921 besoek hy wees Basle, en maak van die geleentheid gebruik om Henrici op te soek en haar uit te nooi om vir hom in Suid Afrika te kom werk. Lamsiekte was op daardie stadium ‘n groot kommer vir die veeboere in Suid Afrika. Vroeg in 1918 is Theiler vrygespreek van alle administratiewe pligte, sodat hy kan fokus op sy pos as direkteur van Lamsiekte Navorsing by die Staatsplaas Armoedsvlakte buite Vryburg. Teen 1919 kon hy die oorsaak van die verlamming by diere en hoe die siekte voorkom kan word geïdentifiseer as fosfor te kort in voeding. Hulle bevindinge het gelei tot ‘n nuwe veld in die wetenskap van vee voeding. Dit was die rede hoekom Dr Henrici as plantfisioloog genooi is om in Suid Afrika te kom werk om verder hieroor navorsing te doen. Haar navorsing het ingesluit natuurlike weidings en die chlorofil koolhidrate en fosfor inhoud van grasse, en die sisteïen en swael inhoud van Karoo-struike en -grasse.Een van die plante waaroor sy navorsing gedoen het vir hul merkwaardige voedings waarde is die Dubbeltjie (sien fotos). Daardie bossie met die harde doring wat deur al wat ‘n skoen steek. Taal was vir haar ‘n bietjie van ‘n uitdaging hier in Suid Afrika. Sy was vlot in Duits en Frans, en het ‘n basiese kennis van Engels gehaad. Maar dit het haar nie onder gekry nie en sy het Afrikaans en Engels baas geraak, net met ‘n swaar Duits-Switserse aksent. In 1929 is sy aangestel oor die beheer van die Veld-Reservaat buite Fauresmith. Dis hier waar sy 40 jaar gebly het en navorsing gedoen het, meestal op Karoo veld. Die gemeenskap was baie lief vir haar. Tot na haar aftrede het sy nog deeltyds gewerk en navorsing gedoen. Sy het wel die laaste 2 jaar van haar lewe by ‘n aftreeoord in Bloemfontein gaan bly. Sy is in 1971 oorlede. Deur die jare het sy ‘n paar erkennings gekry. In 1926 sluit sy aan by die Suid-Afrikaanse Biologiese Vereniging en in 1935 word sy bekroon met die Senior Kapt. Scott-gedenkmedalje vir uitstaande wetenskaplike prestasies. Sy was 'n erelid van die Basel Botaniese Vereniging en in 1969 het die Universiteit van Basel haar 'n ere-D.Sc. toegeken, ter erkenning van haar baanbrekerswerk in haar navorsingveld. In 1971 het die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plantkundiges haar vereer deur te verkies haar lewenslange erelid van die Vereniging.Sy het deur die jare tussen 6000 en 7000 plant monsters bymekaar gemaak, hoofsaaklik Karoo plante. Twee plante is ter herdenking aan haar na haar vernoem. In die fotos is ‘n skets wat sy gedoen het van een van die plante wat na haar vernoem is.Die fotos van die veld is waar die Veld-reservaat buite Fauresmith was. Mens kan steeds ou gebou en die grense van haar toets kampe sien. Die grond behoort vandag nog aan dept. Landbou maar is nie meer ‘n aktiewe navorsingsterrein nie. Bron: Aosis : Marguerite Getrud Anna Henrici (1892-1971) Botanical Exploration of Southern Africa Edition 2 by H.F Glen and G. Germishuizen

Lees meer

Kameraadskap-kunsprojek

Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. - Prediker 4:9-10Kameraadskap is ’n woord wat nie baie gebruik word nie, maar dis iets wat ’n basiese behoefte van menswees is. Ons Karoo en Kontrei is op ’n missie om dit op ’n praktiese manier weer by mense aan te wakker. Hoewel dit ’n basiese behoefte is, word dit nie meer in vandag se gejaagde lewe uitgeleef nie.Aan die begin van 2023 het Ons Karoo en Kontrei kunstenaars in die Karoo en omliggende platteland gevra om ’n kunswerk met die tema “Kameraadskap” te skep. Foto’s van dié kunswerke is daarna op ’n webwerf gelaai en die publiek kon vir die topkunswerke stem wat Ons Karoo en Kontrei op toer geneem het om die praktiese deel van kameraadskap uit te leef. Die kunswerke is by ses verskillende feeste uitgestal. Dit is iets wat een kunstenaar beswaarlik op sy eie kon doen, maar as ons saam werk kan ons groter projekte van die grond af kry.Deel van hierdie projek was om geld in te samel vir ons droogtehulp-inisiatief. Hierdie inisiatief is so bietjie anders as die standaard-droogtehulpprojekte. Sekere dinge moet nog in plek val, en dit neem tyd. Ons werk steeds daaraan en gaan die kunstenaars wat by die Kameraadskap-kunsprojek betrokke was, weer nader wanneer die res van die plan in werking tree, wat volgens beplanning in 2024 sal wees.Dankie aan elke kunstenaar wat aan die Kameraadskap-kunsprojek deelgeneem het. Dit was ’n voorreg om jul kunswerke so wyd uit te stal.

Lees meer

Karoo Aasvoël Veilige Sone

Gedurende die middel van die 20ste eeu was dit nie ongewoon om aasvoëls oral in die Karoo te sien sweef oor plase opsoek na karkasse van skape, beeste of perde om te vreet nie. Binne die afgelope 50 jaar het die Kaapse aasvoël (Gyps coprotheres)-bevolking wat in die Karoo woonagtig is tot die punt gedaal dat die enigste individue wat gesien word, dié is wat in die somermaande verken en slaap. Alle historiese broeiplekke is sedertdien verlate.Soos met baie ander spesies, word aasvoëls, meer dikwels as nie, deur antropogeniese bedreigings geraak. Dit sluit in risiko's van botsings of elektrokusie deur energie-infrastruktuur, verdrinking in plaasreservoirs, loodvergiftiging en, die mees prominente bedreiging in Afrika op hierdie tydstip, vergiftiging met behulp van landbouchemikalieë. Vergiftiging kan óf opsetlik óf onbedoeld wees, maar albei het die potensiaal om dosyne, indien nie honderde, aasvoëls in 'n enkele gebeurtenis dood te maak.Opsetlike vergiftiging word gedryf deur stropery en muthi-gebaseerde geloof waarvoor aasvoëls die beoogde slagoffers is. Sentinel vergiftiging is die naam wat gegee word aan die optrede van vergiftiging van aasvoëls om te verhoed dat hulle anti-stropery patrollies en veldwagters waarsku oor die teenwoordigheid van 'n karkas. Die vergiftiging van aasvoëls vir die muthi-gebaseerde handel word gedryf deur die oortuiging dat 'n mens heldersiende talente sal ontvang deur aasvoëlbreine te eet, soos om die Lotto-getalle te ken.Onopsetlike vergiftiging is die breë term wat gebruik word om voorvalle te beskryf wanneer aasvoëls slagoffers word van gifstowwe wat gewoonlik gebruik word om ander ‘probleemdiere’ te teiken, soos roofdiere wat vee doodmaak of herbivore wat gewasse beskadig. Aasvoëls kan óf vreet op die vergiftigde karkas wat vir die roofdier bedoel is en primêre slagoffers word óf vreet op die dier wat die vergiftigde aas geëet het en sekondêre slagoffers word. Hoe dit ook al sy, aasvoëls staar 'n groot bedreiging van gifstowwe in die landskap in die gesig, of dit nou vir hulle bedoel is of nie.Om hierdie bedreigings en hul onderliggende oorsake te verstaan, is die eerste stap om hulle uit die landskap te verwyder en die vinnige tempo waarteen ons aasvoëlbevolkings daal, te vertraag. Die afgelope dekade het grondeienaars rondom Graaff Reinet en nabygeleë dorpe die belangrikheid van aasvoëls in die ekosisteem besef en maniere gevind om die verlore bevolking van Kaapse aasvoëls te herstel. Na 'n paar jaar en baie gesprekke het belanghebbendes bymekaar gekom, en die Karoo Aasvoël Veilige Sone-projek is gebore.Aasvoëlveilige sones is 'n bewaringsaksie onder die Multi-spesie-aksieplan om Afrika- en Eurasiese aasvoëls te bewaar. Dit is gespesifiseerde geografiese gebiede waarin vennote geteikende bewaringsmetodes gebruik het om sleutelbedreigings vir relevante aasvoëlspesies aan te spreek en bestaande bewaringspogings soos monitering en rehabilitasie aan te vul om bevolkingsherstel en stabilisering te bevorder.Die Karoo Aasvoël Veilige Sone (KVSZ) is 'n projek waarin Karoo-boere en ander grondeienaars saamgewerk het met die Trust vir Bedreigde Natuurlewe, die Rupert-natuurstigting, Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke), die Bergsebra Camdeboo-beskermde omgewing en die SANParke Erebewys Veldwagters. Die projek het ten doel om met vennote saam te werk om 'n veilige gebied oor 23 000 km² van Cradock tot Beaufort-Wes te skep, wat beskermde gebiede soos die Bergsebra Nasionale Park, die Camdeboo Nasionale Park, die Karoo Nasionale Park en die Bergsebra Camdeboo-beskermde omgewing insluit. Ons langtermyndoelwit is om Kaapse Aasvoëls terug te moedig na hul historiese kuier- en broeiplekke in die Groot Karoo en uiteindelik hierdie populasie te herstel deur 'n Aasvoëlveilige Sone (VSZ) te vestig wat hierdie sleutelbeskermde gebiede verbind.Die projek het twee fases. In Fase Een tree ons aktief in gesprek met grondeienaars in die beskermde gebied deur opnames te doen om die bedreigings vir Kaapse aasvoëls op individuele eiendomme te identifiseer. Sodra hierdie bedreigings geïdentifiseer is, betree ons Fase Twee, waartydens ons aktiewe versagting van hierdie bedreigings implementeer deur saam met grondeienaars te werk om hul eiendomme bedreigingsvry en 'aasvoëlveilig' te maak. Die twee fases word in tandem voltooi en werk met individuele grondeienaars regdeur die proses om te verseker dat sodra die opname voltooi is, versagting feitlik onmiddellik kan begin. Dit is belangrik om daarop te let dat die proses waardeur ons met grondeienaars gaan om eiendomme aasvoël te maak, tyd neem en aansienlike werk van natuurbewaarders en grondeienaars vereis. Die proses vereis ook samewerking met elektriese infrastruktuur-nutsdienste om te verseker dat kraglyne en soortgelyke voëlveilig is en versag word om sterftes en beserings van botsings en elektrokusies te beperk.Die eerste opname is in Augustus 2020 voltooi, vertraag deur die COVID-19-pandemie en die daaropvolgende sluiting. Meer as 70 grondeienaars het ingeskryf om hul eiendomme op 'n aasvoëlvriendelike wyse te bestuur, en baie meer stel belang. In Maart 2021 is meer as 500 000 hektaar daartoe verbind om aasvoëlveilig te word. Een van die mees impakvolle maniere om sukses in hierdie projek te behaal, is deur bewustheid te skep en te verseker dat dit gesien word vir wat dit is: 'n manier om met grondeienaars saam te werk om 'n veilige landskap vir die aasvoëls te skep. Ons is nog in die vroeë stadiums van hierdie langtermynprojek en werk onverpoosd daaraan om bedreigings vir Kaapse aasvoëls en baie ander spesies in die Groot Karoo te versag. In Augustus 2021 was die eerste eiendom wat as Aasvoëlveilig geklassifiseer is, met baie ander wat besig was om dit te word. Waarnemings regdeur die projekgebied is aangeteken, waarvan sommige soveel as 70 voëls in 'n waarneming ingesluit het.Met die verbintenis van grondeienaars tot hierdie projek en die feit dat dit in die eerste plek hulle was wat dit begin het, hoop ons dat die Kaapse Aasvoël binnekort weer die landskappe van die Karoo sal pryk.Vir meer inligting oor die Karoo Vulture Safe Zone-projek, kontak asseblief vir Danielle du Toit by e-pos: danielled@ewt.org.za

Lees meer

Sophy Gray

Sophia Wharton Myddleton Gray, gebore in 1814 in Durham, Engeland, het na vore getree as 'n merkwaardige figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Getroud met Robert Gray, die eerste Anglikaanse biskop van Kaapstad, het Sophia veelvlakkige rolle gespeel in die vorming van die landskap van die Anglikaanse Kerk in Suid-Afrika en verder.Ten spyte van die gebrek aan formele opleiding in argitektuur, het Sophia Gray se groot belangstelling in die wêreld om haar en haar talent vir presiese landskapskilderye en gedetailleerde tekeninge haar 'n beduidende bydraer tot die argitektoniese nalatenskap van Suid-Afrika gemaak. Met sy aankoms in Tafelbaai in 1848, het sy vinnig by haar man se pogings betrokke geraak en aktief deelgeneem aan die ontwerp en bou van talle Anglikaanse kerke regoor die streek.Sophia se kreatiewe visie en praktiese benadering was instrumenteel in die verwesenliking van ongeveer 58 kerke gedurende haar 25 jaar van aktiewe betrokkenheid by kerkstigting. Haar ontwerpe, aangepas om by die plaaslike klimaat en beskikbare materiale te pas, het 'n mengsel van praktiese, ekonomie en argitektoniese elegansie weerspieël. Ten spyte van uitdagings soos haar man se swak gesondheid, die bestuur van hul plaas en die vervulling van verskeie ander rolle, het Sophia se passie vir argitektuur onverminderd gebly.Sophia was vaardig in perdry en het die land deurkruis, haar ervarings gedokumenteer en argitektoniese inspirasies langs die pad geskets. Baie van haar oorspronklike tekeninge word bewaar in die William Cullen-biblioteek aan die Universiteit van die Witwatersrand, Johannesburg, en dien as 'n bewys van haar kreatiewe nalatenskap.Sophia se impak het verder as haar argitektoniese bydraes gestrek. As 'n genadige gasvrou, kundige perderuiter, bekwame kalligrafis en sekretaresse van die kerk, het sy 'n onuitwisbare stempel op die sosiale en kulturele struktuur van Suid-Afrika afgedruk. Haar noukeurige aandag aan detail en toewyding aan haar verskillende rolle het haar wydverspreide bewondering en respek besorg.Sophia Gray se lewe was nie sonder tragedie nie, want sy het in 1871 aan kanker gesterf. Haar nalatenskap leef egter voort deur die kerke wat sy help ontwerp het, die loodglasvenster wat haar bydrae in die St. George-katedraal in Kaapstad herdenk, en die voortdurende erkenning van haar baanbrekersrol as een van Suid-Afrika se vroegste vroulike argitekte. Kerke ontwerp deur Sophy Gray in ons area:1848 Graaff-Reinet, St James' Church1849 Beaufort West, School Chapel1849 Colesberg, Christ Church1852 Beaufort West, Christ Church 1852 Worcester, St James, The Great, Anglican Church1854 Somerset East, All Saints Church1857 Cradock, St Peter's Church1860 Ceres, St Andrew's Chapel1860 Oudtshoorn, St Jude's Church 1861 Robertson, St Mary's Church 1864 Clanwilliam, St John's Church1869 Fraserburg, St Augustine's Chapel1869 Victoria West, St John's Churc1869 Uniondale, All Saints Church1870 Montagu, St Mildred's Chapel1880 Willowmore, St Matthew's Church BronneAnon., s.j. GRAY, Sophia Wharton Myddleton (Sophy). [Aanlyn] Available at: https://artefacts.co.za/main/Buildings/archframes.php?archid=643 [Toegang tot 3 June 2024].Kotze, P., 2001. The Sophia Gray memorial lectures and Exhibitions. Acta Structilia, 8(1), pp. 71-78.Thackray, D. M., November 2017. Sophia Gray (1814-1871): an architectural apprenticeship for home, church and empire. s.l.:University of York - History of Art.

Lees meer