Harslag in Suursous

Tuis Informasie Harslag in Suursous

Harslag in Suursous

Geskiedenis van Harslag in suursous 

Die oorspronklike resep vir bogenoemde tradisionele bereiding van lewer en suursous het indie sewentiende eeu uit Europa gekom waar dit aanvanklik deur die Romeine berei is. Dieresep het posgevat in die Kaap en word steeds in die 20ste eeu aan tafelgenote bedienregoor ons land. Daar is ook ‘n verwysing na soet-suur lewer in die veertiende-eeuse Suidduitste boek, DasBuoch von guoter Spise. In hierdie skrywe toon hulle variasies van die resep: Die eerstevariasie van die resep bevat geen asyn nie. Die tweede variasie is soos ons hom vandag nogin plaaskombuise proe. Die hoofbestanddele is harslag, heuning en asyn. Ons gebruik vandag suiker, maar in die tyd van oorlog rantsoene het sommige persone heuning ofsuikerbosstroop gebruik. Dit gee die gereg sy immergewilde soet-suur smaak.


Bestandele

  • 1 Groot ui, ringe gesny
  • 2 Skaap Niertjies
  • 1 Skaap Lewer
  • 1 Skaap hart
  • Skaap vetderm opgesny in stukkies (Opsioneel, ek is nie mal hieroor nie!)
  • 5 ml Sout
  • 7.5 ml Peper
  • 15 ml Bruinsuiker
  • 30 ml Asyn
  • 15 ml Worcester Sous
  • 250 ml water
  • 15 ml mielieblom

Metode

  • Maak eers die harslag mooi skoon. Laat lê die harslag vir ten minste 1 uur voordat jybegin in ‘n mengsel van asyn en water. Sodra die vliesies begin wit trek kan ditverwyder word. Sny dan Niertjies, lewer en hart in blokkies.
  • Braai die ui lekker in olie. Net voordat die ui heel gekaramaliseer is gooi jy die res vandie harslag by.
  • Braai lekker totdat harslag geseël is en ui mooi verbruin het. Geur met sout enpeper.
  • Meng asyn, worcestersous en bruinsuiker met die water. Voeg als in die pot en prut5 minute saam.
  • Maak mielieblom aan met klein bietjie water en voeg by die pot, roer goed deur.Draai jou plaat baie laag en laat als prut vir ongeveer 10 minute of tot sous effensverdik het.
  • Bedien met warm, tuisgebakte brood.

Druk
Deel op

Merkers

lysinskrywing Informasie

Boesmanland Langtafel

Pofadder cat Media Fotograaf... Meer

Ander Informasie

Harslag in Suursous

Geskiedenis van Harslag in suursous Die oorspronklike resep vir bogenoemde tradisionele bereiding van lewer en suursous het indie sewentiende eeu uit Europa gekom waar dit aanvanklik deur die Romeine berei is. Dieresep het posgevat in die Kaap en word steeds in die 20ste eeu aan tafelgenote bedienregoor ons land. Daar is ook ‘n verwysing na soet-suur lewer in die veertiende-eeuse Suidduitste boek, DasBuoch von guoter Spise. In hierdie skrywe toon hulle variasies van die resep: Die eerstevariasie van die resep bevat geen asyn nie. Die tweede variasie is soos ons hom vandag nogin plaaskombuise proe. Die hoofbestanddele is harslag, heuning en asyn. Ons gebruik vandag suiker, maar in die tyd van oorlog rantsoene het sommige persone heuning ofsuikerbosstroop gebruik. Dit gee die gereg sy immergewilde soet-suur smaak. Bestandele1 Groot ui, ringe gesny2 Skaap Niertjies1 Skaap Lewer1 Skaap hartSkaap vetderm opgesny in stukkies (Opsioneel, ek is nie mal hieroor nie!)5 ml Sout7.5 ml Peper15 ml Bruinsuiker30 ml Asyn15 ml Worcester Sous250 ml water15 ml mielieblomMetodeMaak eers die harslag mooi skoon. Laat lê die harslag vir ten minste 1 uur voordat jybegin in ‘n mengsel van asyn en water. Sodra die vliesies begin wit trek kan ditverwyder word. Sny dan Niertjies, lewer en hart in blokkies.Braai die ui lekker in olie. Net voordat die ui heel gekaramaliseer is gooi jy die res vandie harslag by.Braai lekker totdat harslag geseël is en ui mooi verbruin het. Geur met sout enpeper.Meng asyn, worcestersous en bruinsuiker met die water. Voeg als in die pot en prut5 minute saam.Maak mielieblom aan met klein bietjie water en voeg by die pot, roer goed deur.Draai jou plaat baie laag en laat als prut vir ongeveer 10 minute of tot sous effensverdik het.Bedien met warm, tuisgebakte brood.

Lees meer