Die Kapokbos is maklik herkenbaar aan sy donsies. Wanneer donsies verskyn is sterk verwant met reënval so somer en winterreënvalstreek verskil.
Die genus naam van die Kapokbos is Eriocephalus en uit Grieks afkomstig; erion, = wol en kephale, = kop; wat verwys na die kenmerkende wollerige vrugknoppe.
Die volksnaam Kapokbos is baie opvallend as jy eers deur die Karoo gery het as dit gekapok/sneeu het. In die fotos het ons vir julle ’n voorbeeld van hoe kapok lyk op die bossies in die veld. En as mens dit vergelyk met die Kapokbos self verstaan jy baie gou waar hy sy naam vandaan gekry het.
Daar is 'n verskeie familielede, Gewone Kapokbos, Doringkapokbos Karookapok, Boegoekapok en verskeie ander, elkeen met sy eie waarder.
Partykeer word daar na die Kapokbos verwys as Wilde Roosmaryn, en mens kan die verwantskap sien en ruik, maar die Roosmaryn wat jy in die winkel koop en Wilde Roosmaryn is nie familie nie.
Tog is die gebruik van die Kapokbos in kos ’n algemene gebruik gewees deur die Khoi-San. Eve Palmer verduidelik dat sy net die takkies onderstebo hang om droog te word en gebruik dan die Kapokbos se droe blare soos enige ander kruie in jou kombuis, en kan maklik dien as plaas vervanger vir Roosmaryn.
Interessant is dat die Kapokbos een van die bossies is wat geïdentifiseer is as die kos waaraan die skape in die Karoo veld wei wat Karoo vleis daardie geurige smaak gee.
Die Khoi-San het die Kapokbos ook vir verskeie mediese redes gebruik, soos om sweet en die vloei van urine te verhoog, en soms as koue- en koliekmiddels. Dit stimuleer blykbaar haargroei ook, wat ironies genoeg ook ’n kenmerk is van die regte Roosmaryn.
Daar word ook vertel dat die donsies geoes is om kussings mee te stop. Die heerlike geur, maar tog strek is afweer middel vir vlooie en luise.
Eriocephalus punctulatus word ook Cape Chamomile genoem en internasionaal gebruik as ‘n essensiële olie. Vir die wat meer wetenskaplike inligting soek, daar is ‘n hele thesis wat iemand gedoen het om die chemiese waarde van die gene uiteen te sit, baie interessant. En net weereens herinnering dat ons eindelik nog so min weet van al die wonderlike plante wat hier in ons veld groei.
Bronne:
Suid-Afrika het ‘n besonderse unieke naam vir die kantagtige gietyster versierings. Terwyl die res van die wêreld dit maar net ‘n “bracket” genoem het, is dit in Suid-Afrika Broekie-lace genoem. Dit is natuurlik so genoem na aanleiding van die ooreenkoms aan die kant (lace) wat op vroue panties (broekie) van die laat 1800’s was. Teen die einde van die negentiende eeu is dit deur die Engelse setlaars in Suid-Afrika ingebring, nie net as versterking saam met die pilare van die sinkplaatafdakke nie maar ook om op die afdak randte as dekor te dien. Dit was baie algemeen op Victoriaanse-styl huise en is vandag nog op baie huis terrasse te sien veral in die Wes-Kaap en groter Karoo.Die gietyster “broekie-lace” was oorspronklik ingevoer deur maatskappye soos McFarlane (katalogus voorbeeld in fotos). Later het plaaslike mense ontwerpe uit die katalogusse nagemaak en met hout ook die dekor items gemaak vir hulle stoepe. Bron:The heritage portal Illustrated Catalogue of Macfarlane's Castings. 6th ed Vol 2Provincial Spatial Development Framework – Built Systems
Lees meerMarguerite Henrici is gebore in1892 in Basle, Switserland. In 1913 begin sy studeer by die Universiteit van Basle. Sy studeer plantkunde, chemie en dierkunde, maar uiteindelik spesialiseer sy in plantfisiologie en verwerf haar doktors graad Summa Cum Laude. Hierna het sy geesdriftig voort gegaan met navorsing by die Universiteit. In 1913, toe sy nog eerste jaar student was, sit sy toevallig langs Dr A Theiler op die trein. Hy was die stigter en direkteur van die Veeartsenykunde Navorsing Institute, Onderstepoort in Pretoria. Hy het haar vordering dopgehou deur die jare en haar navorsings prestasies het hom beïndruk. In 1921 besoek hy wees Basle, en maak van die geleentheid gebruik om Henrici op te soek en haar uit te nooi om vir hom in Suid Afrika te kom werk. Lamsiekte was op daardie stadium ‘n groot kommer vir die veeboere in Suid Afrika. Vroeg in 1918 is Theiler vrygespreek van alle administratiewe pligte, sodat hy kan fokus op sy pos as direkteur van Lamsiekte Navorsing by die Staatsplaas Armoedsvlakte buite Vryburg. Teen 1919 kon hy die oorsaak van die verlamming by diere en hoe die siekte voorkom kan word geïdentifiseer as fosfor te kort in voeding. Hulle bevindinge het gelei tot ‘n nuwe veld in die wetenskap van vee voeding. Dit was die rede hoekom Dr Henrici as plantfisioloog genooi is om in Suid Afrika te kom werk om verder hieroor navorsing te doen. Haar navorsing het ingesluit natuurlike weidings en die chlorofil koolhidrate en fosfor inhoud van grasse, en die sisteïen en swael inhoud van Karoo-struike en -grasse.Een van die plante waaroor sy navorsing gedoen het vir hul merkwaardige voedings waarde is die Dubbeltjie (sien fotos). Daardie bossie met die harde doring wat deur al wat ‘n skoen steek. Taal was vir haar ‘n bietjie van ‘n uitdaging hier in Suid Afrika. Sy was vlot in Duits en Frans, en het ‘n basiese kennis van Engels gehaad. Maar dit het haar nie onder gekry nie en sy het Afrikaans en Engels baas geraak, net met ‘n swaar Duits-Switserse aksent. In 1929 is sy aangestel oor die beheer van die Veld-Reservaat buite Fauresmith. Dis hier waar sy 40 jaar gebly het en navorsing gedoen het, meestal op Karoo veld. Die gemeenskap was baie lief vir haar. Tot na haar aftrede het sy nog deeltyds gewerk en navorsing gedoen. Sy het wel die laaste 2 jaar van haar lewe by ‘n aftreeoord in Bloemfontein gaan bly. Sy is in 1971 oorlede. Deur die jare het sy ‘n paar erkennings gekry. In 1926 sluit sy aan by die Suid-Afrikaanse Biologiese Vereniging en in 1935 word sy bekroon met die Senior Kapt. Scott-gedenkmedalje vir uitstaande wetenskaplike prestasies. Sy was 'n erelid van die Basel Botaniese Vereniging en in 1969 het die Universiteit van Basel haar 'n ere-D.Sc. toegeken, ter erkenning van haar baanbrekerswerk in haar navorsingveld. In 1971 het die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plantkundiges haar vereer deur te verkies haar lewenslange erelid van die Vereniging.Sy het deur die jare tussen 6000 en 7000 plant monsters bymekaar gemaak, hoofsaaklik Karoo plante. Twee plante is ter herdenking aan haar na haar vernoem. In die fotos is ‘n skets wat sy gedoen het van een van die plante wat na haar vernoem is.Die fotos van die veld is waar die Veld-reservaat buite Fauresmith was. Mens kan steeds ou gebou en die grense van haar toets kampe sien. Die grond behoort vandag nog aan dept. Landbou maar is nie meer ‘n aktiewe navorsingsterrein nie. Bron: Aosis : Marguerite Getrud Anna Henrici (1892-1971) Botanical Exploration of Southern Africa Edition 2 by H.F Glen and G. Germishuizen
Lees meerDaar is twee berge met die naam Gamsberg, die een is hier by Aggeneys en die ander in Namibia. Hierdie Gamsberg word ook partykeer gespel Ghaamsberg. Al lyk die berg so plat soos ‘n tafel, is dit wel nie die geval nie. Die berg het ‘n kom in die middel so asof dit weggesink het en dis daar waar al daar waar die minerale (koper, sink, lood en silwer) gevind is. Sien die Google Earth foto.Die Aggeneysmyn is hier by die berg en staan bekend as Black Mountain en mag dalk verwarring veroorsaak, want die berg se naam is Gamsberg. Gamsberg het sy naam oorspronklik uit die Khoi taal en beteken Grasmond of Grasfontein, vermoedelike verwysing na die Aristida brevifolia spesie wat hier voorkom. Daar word vertel dat hierdie ‘n populêre plek was die nomadies Khoi waar hul in vee kon water kry en kos.
Lees meerDie woord Kamdeboo se oorsprong is ook uit die Khoekhoe-taal. ’n Paar moontlike betekenisse doen die ronde, wat “groen hoogtes” en “groen poel” insluit, en sommige praat van “groen seekoeipoel”. !am !gam, !cam, !kam – is almal woorde wat na die kleur groen verwys van die stamme wat in die omgewing was.Die algemene aanname is dat die groen na die spekbome verwys wat volop in die streek is. Hul heldergroen kleur is duidelik sigbaar, veral teen die berghange. Die eerste plek waar ek Kamdeboo (Camdeboo) op ’n kaart kry is in Sir John Barrow se joernaal van die reis deur Suider Africa van 1797 – 1798 Bronne:An account of travels into the interior of Southern Africa, in the years 1797 and 1798 deur Barrow, John, SirNotes on Khoekhoen Place Names deur P. Raper - South African Journal of Science Vol. 75 October 1979 pages: 448 -451Toponymica Hottentotica deur G.S. Nienaber & P.E. RaperRecognition, Regulation, Revitalisation - Place Names and Indigenous Languages - Proceedings of the 5th International Symposium on Place Names 2019 – Editor Chrismi-Rinda Loth
Lees meerDie dorp Kamieskroon het sy naam gekry as 'n kombinasie van die Kamiesberge en die Kroonkop bergtop wat vanuit die dorp sigbaar is, en natuurlik soos 'n kroon lyk.
Lees meerDie Kapokbos is maklik herkenbaar aan sy donsies. Wanneer donsies verskyn is sterk verwant met reënval so somer en winterreënvalstreek verskil. Die genus naam van die Kapokbos is Eriocephalus en uit Grieks afkomstig; erion, = wol en kephale, = kop; wat verwys na die kenmerkende wollerige vrugknoppe.Die volksnaam Kapokbos is baie opvallend as jy eers deur die Karoo gery het as dit gekapok/sneeu het. In die fotos het ons vir julle ’n voorbeeld van hoe kapok lyk op die bossies in die veld. En as mens dit vergelyk met die Kapokbos self verstaan jy baie gou waar hy sy naam vandaan gekry het. Daar is 'n verskeie familielede, Gewone Kapokbos, Doringkapokbos Karookapok, Boegoekapok en verskeie ander, elkeen met sy eie waarder. Partykeer word daar na die Kapokbos verwys as Wilde Roosmaryn, en mens kan die verwantskap sien en ruik, maar die Roosmaryn wat jy in die winkel koop en Wilde Roosmaryn is nie familie nie. Tog is die gebruik van die Kapokbos in kos ’n algemene gebruik gewees deur die Khoi-San. Eve Palmer verduidelik dat sy net die takkies onderstebo hang om droog te word en gebruik dan die Kapokbos se droe blare soos enige ander kruie in jou kombuis, en kan maklik dien as plaas vervanger vir Roosmaryn. Interessant is dat die Kapokbos een van die bossies is wat geïdentifiseer is as die kos waaraan die skape in die Karoo veld wei wat Karoo vleis daardie geurige smaak gee. Die Khoi-San het die Kapokbos ook vir verskeie mediese redes gebruik, soos om sweet en die vloei van urine te verhoog, en soms as koue- en koliekmiddels. Dit stimuleer blykbaar haargroei ook, wat ironies genoeg ook ’n kenmerk is van die regte Roosmaryn. Daar word ook vertel dat die donsies geoes is om kussings mee te stop. Die heerlike geur, maar tog strek is afweer middel vir vlooie en luise. Eriocephalus punctulatus word ook Cape Chamomile genoem en internasionaal gebruik as ‘n essensiële olie. Vir die wat meer wetenskaplike inligting soek, daar is ‘n hele thesis wat iemand gedoen het om die chemiese waarde van die gene uiteen te sit, baie interessant. En net weereens herinnering dat ons eindelik nog so min weet van al die wonderlike plante wat hier in ons veld groei. Bronne:Anon., 2023. Nama-Karoo Plants and Veld phone application, s.l.: Loaraine Van Den Berg.Anon., n.d. [Online] besoek 12 Jan 2024 Available at: https://pza.sanbi.org/eriocephalusAnon., n.d. Plant names. [Online] besoek 12 Jan 2024 Available at: https://www.plantnames.co.za/genus_family.php?family=18Njenga, E. W., 2005. The chemotaxonomy, phylogeny and Biological activity of the genus Eriocephalus l. (asteraceae), Johannesburg: Thesis, University of the Witwatersrand.Palmer, E., 1985. In: The South African Herbal . Kaapstad: Taferberg.Wyk, B.-E. v., Available online 25 July 2008. A review of Khoi-San and Cape Dutch medical ethnobotany, s.l.: Journal of Ethnopharmacology.
Lees meer’n Korbeel huis, ja korbeel nie bordeel.... is ’n gebou wat in sy geheel uit klip gebou is, insluitend sy dak. Hierdie gebou kom wyd verspreid deur die Hardemans-Karoo en grensgebiede voorkom. Hulle was gebou tussen 1820 en 1880 . Die oorspronklike bou metode kan wel duisende jare terug getrek word en kan gevind word regoor die Middellandse See-Europa - Griekeland, Kroasië, Frankryk, Spanje en Italië. Daar is die moontlikheid dat vroeë setlaars, wat reeds vertroud was met die klipwonings in Suid-Frankryk, of dalk in Italië, na hierdie dorre deel van Suid-Afrika gekom het, en soortgelyke rondawels hier gebou het. Tog het die Sothos 'n tradisie gehad om in die Vrystaat en noord van die Vaal in die Marico-distrik klein gordelhutte van klip te bou. Daar is dus 'n aantal teorieë oor die oorsprong.Hardemans-Karoo word so genoem, want hierdie is ’n harde wêreld. Plantegroei is beperk, en bome uiters skaars, so om hierdie klip geboue te bou in ’n area waar klip volop is, was baie prakties. Die trekboere het ’n nomadiese leefstyl gevoer en het meestal in hul waens of matjieshuise (aangeneem uit die Khoekhoe kultuur) en tente gewoon. In later jare toe trekboere eiendom kon besit het hulle opstalle begin bou, en as gevolg van beperkte hout is die korbeel klip huise gebou. Meestal was ‘n opstal begin met ‘n korbeel gebou wat bestaan het uit ‘n enkele vertrek. Die gebou was gewoonlik sirkelvormig, met 'n binnedeursnee van tot 5 ½ meter, hoewel 'n paar reghoekig was. Die mure, ongeveer 78cm dik styg vertikaal tot 'n hoogte van ongeveer 1,8 tot 2 meter en buig dan geleidelik na binne totdat hulle amper by die toppunt ontmoet waar die finale opening deur 'n groot plat klipblad toegemaak word.Om die dak is klippe wat uitsteek, gewoonlik met intervalle van 3 rye, al is daar soms net twee, en in die grootste hut op Stuurmansfontein (in Carnarvon distrik) is daar vier rye klip. Hierdie klippe dien as trappe en ankers vir steierwerk en is ongetwyfeld deur die bouer gebruik tydens die oprigting van die hut, maar dit is steeds nuttig wanneer herstelwerk gedoen word of wanneer die gebou afgewit word.Hierdie boere het die meeste van hul tyd buite deurgebring. Al die funksies van die huis en plaas het aangewese plekke op die werf gehad: krale, 'n kookskerm (gewoonlik aan die voorkant en aan die kant van die huis sodat rook nie binne waai nie), die bakoond, die plek waar seep gekook was, leer looi, en ander. Die binnekant, bestaande uit 'n enkelkamer, het ook geen privaatheid gebied nie. 'n Mens het direk in die middel van die huis ingestap.Met tyd is daar kamers aangebou, maar die kamers was nie met deure in die binnemure verbind nie, maar almal se deure het na buite gewys. Om deur die klip mure te breek was nie net ’n moeilike taak nie, maar het ook die sterkte van die struktuur beïnvloed. Os velle was eers gebruik as deure en vensters tot daar hout per ossewa by hulle aangekom het vanaf Beaufort Wes. Die vloere was gesmeer met 'n mengsel van klei en beesmis en met 'n klip glad gevryf. 'n Mengsel van osbloed en vet was gebruik om die vloer te kleur en poleer. In die muur was daar gewoonlik ‘n bêre-plek rak ingebou waar belangrike items soos die Bybel en medisyne gehou was. Daar was ook partykeer ook 'n aantal growwe balke wat gestrek het tussen die mure om vleis te droog of klere op te hang. 'n Ongewone kenmerk is die gebruik in byna elke hut van horings van beeste of skape of die horings van bok as muurpenne. Buitemure wat met pleisterwerk en dan kalk afgewit was, was 'n kenmerk wat status.‘n Hele paar van die korbeelhuise is as Nasionale Monumente geregistreer en daar is ook ‘n paar wat as gastehuise dien. In Carnarvon in die midde dorp staan ‘n halwe korbeelhuis waar mense kan sien hoe ‘n korbeel huis lyk. Ook as jy met die R63 Williston toe ry van af Carnarvon, so 40km voor Williston is ‘n afdraai na Banksfontein wat regs uit draai. Volg die pad vir ongeveer 900m en dan sal jy nog ‘n volledige voorbeeld van ‘n korbeelhuis sien.Bronne:Corbelled Buildings as Heritage Resources: In the Karoo, South Africa (besoek 23 Des 2023)Vernacular Architecture Society of South Africa - Number 17 June 2007 (besoek 23 Des 2023)One most fascinating architectural features whole Southern Africa (besoek 23 Des 2023)The History, Form and Context of the 19th Century Corbelled Buildings of the Great Karoo - Thesis by Patricia Anne Kramer
Lees meerNamies, ‘n nedersetting met ‘n ryk geskiedenis, lê 26 km suid-wes van Pofadder en 25 km suid van Pella. Die Namiesberge met hul granietkoppies is vermoedelik vernoem na die Nama-woord vir water, //gami. ‘n Ander teorie stel voor dat die aangrensende plaas, Vogelstruis Hoek, beteken “volstruishoek” beteken, die naam beïnvloed het, met “volstruis” in Nama as //ami-. In die vroeë 19de was die gebiede bekend as Namies-Noord (later genoem Onder-Namies), en Namies-Suid en is deur die Namiespoort verbind deur die Namiesberge. Die hoofgrondpad deur Boesmanland het by Namies-Suid verbygegaan en was die eerste waterbron na Gamoep, 115 km oos in die rigting van Namakwaland. William Charles Scully, Siviele Kommissaris van Namakwaland van 1892 tot 1893, het hierdie heuwels en hul waterbron as ” ‘n eiland in die oseaan van Boesmanland-woestyn” beskryf. Scully was ‘n kranige skrywer en een van sy stories getoonset en aangehaal in “Between Sun and Sand, the tale of an African desert” wat afspeel in Namies. Trekboere van die Namies omgewing het die regering herhaaldelik vir ‘n skool en ‘n kerk versoek. Die naaste Katolieke skool was in Pella. Na ’n besoek van JH Hofmeyr in 1906 is die oprig van ‘n skool goedgekeur. Teen 1910 is twee vroulike onderwysers aangestel, en hulle het berig dat daar in die kerk skool gehou word met ‘n koshuis beskikbaar. Die onderwyseresse het ‘n gebou met twee kamers van 30 x 25 voet aangevra, en voorgestel dat ‘n plaaslike inwoner, Jan Maas, aangestel word vir die konstrukie en om gebruik te maak van granite en kalk wat in die omgewing beskikbaar is. Plaaslike inwoners deel dat 'n toegewyde skoolgebou nooit opgerig is nie en klasse altyd in die kerk gehou was. Wat bygedra het dat die oprigting van die skool gebou nie suksesvol was nie is omdat daar nooit ’n amptelike getal inwoners vir Namies bevestig was nie. In 1912 het die NG Kerk die Departement van Onderwys in kennis gestel dat hulle nie meer ‘n skool in die kerk kan bedryf nie, wat alternatiewe reëlings sou genoodsaak. Skoolinspeksieverslae dui daarop dat die skool in 1951 gesluit het. Met die ontwikkeling van Pofadder as handelstasie het die NG Kerk in 1916 amptelik besluit om hul kerk daar te stig en Pofadder bo Namies gekies. Gevolglik het Namies nooit verder as ‘n dorpie ontwikkel nie.Die ou kerk ruïnes bly egter sigbaar vanaf die pad, identifiseerbaar aan ‘n paar bloekombome. Die ou koshuis is opgeknap en word nou as ‘n woonhuis gebruik. Bronne: Nienaber, G. &. R. P., 1977. Toponymica Hottentotica.. Naamkundereeks No 7 ed. Pretoria: SA Naamkundesentrum. RGN.Orton, L. W. &. J., NOVEMBER 2023. Namies: the history of an abandoned settlement in Bushmanland. Vernacular Architecture Society Of South Africa, Issue 38.
Lees meerP.J. van der Merwe se plaas Driefontein, wat op die oewer van die Onregs Rivier geleë was, was in 1843 as ‘n geskikte plek identifiseer om ‘n dorp te stig. En soos die plaas naam vir ons vertel, was daar drie fonteine op die plaas, en water is waardevol in die Karoo. Die eerste plotte was verkoop op 19 April 1845. Die dorp se mense het die Goewerneur van die Kaap kolonie (1844 tot 1847) Sir Peregrine Maitland gevra of hulle die dorp na hom kan vernoem, maar hy het die versoek van die hand gewys en voorgestel hul vernoem die dorp na die Hertog van Richmond, die vader van Lady Sarah Maitland, sy vrou. So kry Richmond in Oktober 1845 amptelik sy naam. In 1848 word die dorp ‘n magistraat distrik en in 1854 word die dorp ‘n munisipaliteit.Bronne:Bulpin, T., 1992. Discovering Southern Africa. Fifth Edition ed. Muizenberg: Discovering Southern Africa Productions .Nell, L., 2008. The Great Karoo. Cape Town: Struik Publishers.Schoeman, C., 2013. The Historical Karoo. Capetown: Zebra Press.
Lees meerHierdie koppies wat vanaf die noorde uitkyk oor Williston het sy naam as Singkoppe gekry nadat Mnr Beineke om en by in die 1845’s die inisiatief geneem het om ‘ voetpad tot op die kruin van die suikerbrood vorminge koppie uit te lê. Onder sy leiding was daar ‘n weeklikse sangfees op die kruin van die koppies gehou. In die depressie jare word daar vertel dat daar Ou Kersaand Kersliedere van af die Singkoppe gesing isBron: Die Amandel breek oop 1845 – 1995 deur Elsa van Schalkwyk Vind die Singkoppe hier
Lees meerDie doleriet koppie van 1315m hoog suid van Graaff Reinet staan bekend as Spandaukop. Die kop is so benoem deur ’n Pruissiese (later Duitsland) soldaat, Werner. Hy het gesê die koppie laat hom dink aan die Spandau Citadel ’n fort in Berlin (Duitsland).Henry Lichtenstein skryf oor Spandaukop saam met sy vertellings van hul ervaring op pad na Graaff Reinet en hoe hulle in die aand met hul ossewaens moes reis om die leeus in die omgewing te vermy. Die doleriet verweer baie stadiger as sedimentêre gesteentes. Dit lei tot die vorming van ikoniese erosie formasies in die vorm van 'tafelberge' met 'n plat toppe en skerppuntige keëlkoppies. Spandaukop is 'n goeie voorbeeld van so ’n keëlvormige koppie.Bronne: Discovering Southern Africa - Author: T V Bulpin. Publishers: Discovering Southern Africa Productions cc, Muizenberg, 2001. Travels in Southern Africa in the years 1803, 1804, 1805 and 1806 by Henry Lichtenstein Published by Becket and Porter, London, 1814 https://www.mindat.org/loc-43089.html# (besoek 21 Desember 2023).https://sahris.sahra.org.za/sites/920330024 (besoek 21 Desember 2023) https://elevation.maplogs.com/poi/graaff_reinet_south_africa.514475.html (besoek 21 Desember 2023)
Lees meerThomas Bain was 'n baie interessante man met 'n verskeidenheid stokperdjies van skets tot plantkundige, maar waarvoor hy bekend is, is die passe wat hy in Suid-Afrika gebou het. Hy het die Swartbergpas amper aan die einde van sy loopbaan gebou, so sy ervaring en kundigheid wys in die bou van die pas. Hoewel Bain die oorspronklike ontwerp vir die regering in 1879 gedoen het, was die eerste bouer Jan Tassie. Hy het in 1881 met bouwerk begin maar na 13 maande was hy bankrot. In September 1883 neem Thomas Bain die bou werk oor, en voltooi dit in November 1886. Die amptelike opening van die pas was op 10 Januarie 1888. Die pas is gebou met die gebruik van pikstele, grawe, voorhamers, koevoete, kruiwaens en kruit. Rotse is gebreek deur dit met vuur te verhit en dan met koue water oor te spoel. Rotse is met voorhamers in kleiner stukke gebreek en toe versigtig perfek inmekaar te pas sonder sement. Die droëmuurmetode van konstruksie is gebruik om die indrukwekkende keermure te bou wat die pad teen die steil hellings ondersteun het. ’n Eeu later wonder reisigers steeds oor hierdie prestasie. Aan die suidekant is daar 'n stuk waar die keermuur 2,4 km lank is sonder onderbreking. Die pas is 23,8km. Die Swartberg Natuurreservaat is groot, omtrent 180 000 hektaar en bied stap roetes, piekniek plekke met mooie uitsigte, 4x4-roetes, voëlkyk, en vele meer. Bronne: Fransie Pienaar Museum Mountain Passes South Africa Komnick, P. S. (1984). A Colossus of Roads - Thomas Bain. Cape Town: Murray & Roberts/Concor.
Lees meer