Jy deel in ons waardes - Om alles wat ons doen, met opregte liefde te doen. Daaruit spruit respek, etiese waardes en omgee-gemeenskappe, wat die grondslag vir positiewe verandering is.
Wat ons bied:
Geleentheid om jou besigheid op 'n professionele, omvattende aanlyngids te lys
Jou feeste en gebeure op die kalender te plaas
Geleenthede kry om deel te wees van ons projekte
Kameraadskap - deel te wees van ‘n netwerk wat mekaar ondersteun
Daar is soveel goeie inisiatiewe in ons area, saam kan ons julle sterker maak.
Wat is die koste:
Prys begin van af R230/jaar (12maande)
Dan kan jy die volgende op die webwerf laai
- 2 besighede wat jy besit of bestuur
- 5 kalender gebeure wat jy organiseer.