Iewers tussen Beaufort-Wes, Victoria-Wes, Carnarvon en Fraserburg, langs die gewilde R63, vind jy die klein dorpie Loxton in die 'Hardemanskaroo', deel van die Ubuntu-munisipaliteit en Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteit. Die dorp is gebou op die plaas Phezantefontein, wat in 1899 deur die NG Kerk van A.E Loxton vir £7 500 gekoop is. Die dorp is glo na A.E Loxton vernoem vanweë 'n £50 skenking wat hy gemaak het om die salaris van die dorp se eerste NG Kerk predikant te betaal. Die kerk, wat in die middedorp staan, is in 1924 gebou.
Loxton is een van daardie onverwagte Karoo-nedersettings met 'n skaduryke omgewing. Te danke aan Nicolaas Johannes Hendrik Theunissen van die plaas Altona, wat meer as 125 jaar gelede, peer- en sipresbome langs al die strate geplant het en weekliks dorp toe gery het om hierdie bome water te gee. Die oorspronklike lei-watervore is vir vloedbesproeiing. Saam met 'n verskeidenheid lieflike ou Karoo-argitektuur en vriendelike inwoners is hierdie 'n besonder aantreklike dorp.
Met 'n bevolking van net meer as 1 000 siele, is daar geen rumoer van aktiwiteit nie. Jy sal nie 'n besige middedorp hier vind nie. Die gebrek aan aktiwiteit op straat weerlê die gewoel agter geslote deure en tuinhekkies; baie klein besighede is buite sig, en die meeste gesinne is hard aan die boer. Loxton is hoofsaaklik 'n groot wolproduserende gemeenskap.
Nadat die grootste deel van die klein dorpie verwoes is deur 'n frats-vloed wat die dorp se dam in Maart 1961 laat bars het en jare se verwaarlosing , geniet die dorp 'n herlewing; geboue word pragtig gerestoureer en daar is gemeenskapsprojekte om die area in stand te hou, skoon te maak en te verfraai. Die dorp het 'n koffiewinkel, 'n drankwinkel, 'n kunsgalery, 'n voertuigherstelwinkel en die plaaslike kooperasie (KVB) verskaf 'n klein kruideniersafdeling, landbou-, besproeiings- en elektriese voorrade.
Ontdek stories uit die Karoo
’n Korbeel huis, ja korbeel nie bordeel.... is ’n gebou wat in sy geheel uit klip gebou is, insluitend sy dak. Hierdie gebou kom wyd verspreid deur die Hardemans-Karoo en grensgebiede voorkom. Hulle was gebou tussen 1820 en 1880 . Die oorspronklike bou metode kan wel duisende jare terug getrek word en kan gevind word regoor die Middellandse See-Europa - Griekeland, Kroasië, Frankryk, Spanje en Italië. Daar is die moontlikheid dat vroeë setlaars, wat reeds vertroud was met die klipwonings in Suid-Frankryk, of dalk in Italië, na hierdie dorre deel van Suid-Afrika gekom het, en soortgelyke rondawels hier gebou het. Tog het die Sothos 'n tradisie gehad om in die Vrystaat en noord van die Vaal in die Marico-distrik klein gordelhutte van klip te bou. Daar is dus 'n aantal teorieë oor die oorsprong.Hardemans-Karoo word so genoem, want hierdie is ’n harde wêreld. Plantegroei is beperk, en bome uiters skaars, so om hierdie klip geboue te bou in ’n area waar klip volop is, was baie prakties. Die trekboere het ’n nomadiese leefstyl gevoer en het meestal in hul waens of matjieshuise (aangeneem uit die Khoekhoe kultuur) en tente gewoon. In later jare toe trekboere eiendom kon besit het hulle opstalle begin bou, en as gevolg van beperkte hout is die korbeel klip huise gebou. Meestal was ‘n opstal begin met ‘n korbeel gebou wat bestaan het uit ‘n enkele vertrek. Die gebou was gewoonlik sirkelvormig, met 'n binnedeursnee van tot 5 ½ meter, hoewel 'n paar reghoekig was. Die mure, ongeveer 78cm dik styg vertikaal tot 'n hoogte van ongeveer 1,8 tot 2 meter en buig dan geleidelik na binne totdat hulle amper by die toppunt ontmoet waar die finale opening deur 'n groot plat klipblad toegemaak word.Om die dak is klippe wat uitsteek, gewoonlik met intervalle van 3 rye, al is daar soms net twee, en in die grootste hut op Stuurmansfontein (in Carnarvon distrik) is daar vier rye klip. Hierdie klippe dien as trappe en ankers vir steierwerk en is ongetwyfeld deur die bouer gebruik tydens die oprigting van die hut, maar dit is steeds nuttig wanneer herstelwerk gedoen word of wanneer die gebou afgewit word.Hierdie boere het die meeste van hul tyd buite deurgebring. Al die funksies van die huis en plaas het aangewese plekke op die werf gehad: krale, 'n kookskerm (gewoonlik aan die voorkant en aan die kant van die huis sodat rook nie binne waai nie), die bakoond, die plek waar seep gekook was, leer looi, en ander. Die binnekant, bestaande uit 'n enkelkamer, het ook geen privaatheid gebied nie. 'n Mens het direk in die middel van die huis ingestap.Met tyd is daar kamers aangebou, maar die kamers was nie met deure in die binnemure verbind nie, maar almal se deure het na buite gewys. Om deur die klip mure te breek was nie net ’n moeilike taak nie, maar het ook die sterkte van die struktuur beïnvloed. Os velle was eers gebruik as deure en vensters tot daar hout per ossewa by hulle aangekom het vanaf Beaufort Wes. Die vloere was gesmeer met 'n mengsel van klei en beesmis en met 'n klip glad gevryf. 'n Mengsel van osbloed en vet was gebruik om die vloer te kleur en poleer. In die muur was daar gewoonlik ‘n bêre-plek rak ingebou waar belangrike items soos die Bybel en medisyne gehou was. Daar was ook partykeer ook 'n aantal growwe balke wat gestrek het tussen die mure om vleis te droog of klere op te hang. 'n Ongewone kenmerk is die gebruik in byna elke hut van horings van beeste of skape of die horings van bok as muurpenne. Buitemure wat met pleisterwerk en dan kalk afgewit was, was 'n kenmerk wat status.‘n Hele paar van die korbeelhuise is as Nasionale Monumente geregistreer en daar is ook ‘n paar wat as gastehuise dien. In Carnarvon in die midde dorp staan ‘n halwe korbeelhuis waar mense kan sien hoe ‘n korbeel huis lyk. Ook as jy met die R63 Williston toe ry van af Carnarvon, so 40km voor Williston is ‘n afdraai na Banksfontein wat regs uit draai. Volg die pad vir ongeveer 900m en dan sal jy nog ‘n volledige voorbeeld van ‘n korbeelhuis sien.Bronne:Corbelled Buildings as Heritage Resources: In the Karoo, South Africa (besoek 23 Des 2023)Vernacular Architecture Society of South Africa - Number 17 June 2007 (besoek 23 Des 2023)One most fascinating architectural features whole Southern Africa (besoek 23 Des 2023)The History, Form and Context of the 19th Century Corbelled Buildings of the Great Karoo - Thesis by Patricia Anne Kramer
Lees meer